So het Vredenheim Akademie ontstaan:
Die Bezuidenhouts het ’n passie vir Afrikaans en die natuur en glo dat hierdie passie uitgeleef kan word in opvoeding. Moedertaalonderrig verbeter leeruitkomste en akademiese prestasie. Tesame met ’n belewenis van na-aan-die-natuur-leef, is dit ’n wenkombinasie in die onderrigproses.
Die identifisering van ’n tekort aan aangewese Afrikaanse onderrig in die Volttenburg omgewing, maak dat die Bezuidenhouts hande vat met Skoleondersteuningsentrum SOS, wat onafhanklike skole ondersteun.
Marknavorsing het getoon dat Afrikaanssprekende ouers hul kinders graag by ’n skool in ’n plaasomgewing, met Afrikaans as onderrigtaal, sal wil plaas. Met dryfkrag vir innovasie en uitbreiding, ten gunste van die Stellenbosch-gemeenskap, is die Vredenheim Akademie gestig.