Onderwysbenadering
Ons het ‘n holistiese benadering, waar liggaam, siel en gees betrek word. Elke gedeelte van ons dagprogram is opvoedkundig. Van kosbliktyd tot storietyd, daar is nie ‘n gedeelte wat nie ten volle benut word nie. Dit is vir ons belangrik dat leerders die geleentheid gegun word om hulself beter te leer ken.
Elke deel van ons dagprogram is opvoedkundig.
Ons kurrikulum
Vredenheim Akademie volg die SOS-kurrikulum, met die uitkomste in vroeëleer-ontwikkelingsareas van die nasionale kurrikulum-raamwerk.
“Die kurrikulum is verrykend en baie meer aanvullend vir die kinders se ontwikkeling. Ons fokus op die ses pilare: welstand, identiteit en samehorigheid, kommunikasie, verkenning van wiskunde, kreatiwiteit, kennis en begrip van die wêreld.” (Marietjie Havenga, onderrig- en leerspesialis van SOS)
Tema 2026: Ligdraers
Ons skooltema vir vanjaar is “Ligdraers”. Ons glo dat Jesus se lig soos ‘n lewende vlam in eke kind brand. Wanneer ons mekaar help, met respek behandel en opreg liefhet, word daardie lig sigbaar in ons woorde en dade. Só dra ons nie net lig nie – ons steek dit in mekaar aan. En saam maak ons die wêreld om ons ‘n plek waar hoop groei, liefde leef en lig oorvloedig skyn.
Skoolure
Aankomstye: 07:00 – 07:55
Formele onderrig begin stiptelik 08:00
Vertrektyd: 13:00
Nasorg: 13:00 – 17:00
Aankomstye: 07:00 – 07:55
Formele onderrig begin stiptelik 08:00
Vertrektyd: 13:00
Nasorg: 13:00 – 17:00