E-pos: salome@vredenheim.co.za  | Selfoon: +27 72 315 2852

Onderwysbenadering

Ons het ‘n holistiese benadering, waar liggaam, siel en gees betrek word. Elke gedeelte van ons dagprogram is opvoedkundig. Van kosbliktyd tot storietyd, daar is nie ‘n gedeelte wat nie ten volle benut word nie. Dit is vir ons belangrik dat leerders die geleentheid gegun word om hulself beter te leer ken. 

Elke deel van ons dagprogram is opvoedkundig.

Ons kurrikulum

Vredenheim Akademie volg die SOS-kurrikulum, met die uitkomste in vroeëleer-ontwikkelingsareas van die nasionale kurrikulum-raamwerk.

“Die kurrikulum is verrykend en baie meer aanvullend vir die kinders se ontwikkeling. Ons fokus op die ses pilare: welstand, identiteit en samehorigheid, kommunikasie, verkenning van wiskunde, kreatiwiteit, kennis en begrip van die wêreld.” (Marietjie Havenga, onderrig- en leerspesialis van SOS)

Tema 2025: KYK

Ons wil die saadjie plant dat mens moet op die uitkyk wees vir mense rondom jou. Bietjie begin weg beweeg van selfgesentreerdheid. Neem ander in ag. Kyk hoe my aksies nagevolge het op ander en ook die omgewing. Kyk na die natuur, hoe kan ons na die aarde rondom ons kyk, dit is tog ons taak op aarde. Kyk ook na my besittings, die skool perseel en die skool eiendom net soos ek na my eie besittings moet kyk. Dit lei na die gesprek van respek. 

Skoolure

Aankomstye: 07:00 – 07:55

Formele onderrig begin stiptelik 08:00

Vertrektyd: 13:00

Nasorg: 13:00 – 17:00

Aankomstye: 07:00 – 07:55

Formele onderrig begin stiptelik 08:00

Vertrektyd: 13:00

Nasorg: 13:00 – 17:00

Scroll to Top