In ons voorskoolse klas word daar primêr gefokus op speel. Leer vind hoofsaaklik plaas deur die kurrikulum tydens spel en kuns te inkorporeer. Ons buite ruimtes en plaas word baie ingespan om vir leerders die geleentheid te bied om soveel moontlik buite te wees. Daar word ook met elke geleentheid gepoog om optimaal gebruik te maak van sintuiglike leerervarings. Sodoende word voorsiening gemaak vir individuele en groepsleergeleenthede.
Juffrou Melanie Rex
B.Ed. Grondslagfase
B.Ed. Honneurs in Leerderondersteuning
E-pos: voorskool@vredenheim.co.za
Missie:
Ek wil kinders nuuskierig maak vir leer en dat hulle nuwe vaardighede self ontdek. Wanneer elke kind se potensiaal raakgesien word, sal hulle floreer.
Speeltyd is ook leertyd.
Weekroetine
Die kinders volg ’n weekroetine, wat die volgende insluit: