Die Byekorf
In ons voorskoolse klas word daar primêr gefokus op speel. Leer vind hoofsaaklik plaas deur die kurrikulum tydens spel en kuns te inkorporeer. Ons buite ruimtes en plaas word baie ingespan om vir leerders die geleentheid te bied om soveel moontlik buite te wees. Daar word ook met elke geleentheid gepoog om optimaal gebruik te maak van sintuiglike leerervarings. Sodoende word voorsiening gemaak vir individuele en groepsleergeleenthede.

Juffrou Giselle Venter
B.Ed. Grondslagfase
E-pos: voorskool@vredenheim.co.za


Speeltyd is ook leertyd.
Weekroetine

Die kinders volg ’n weekroetine, wat die volgende insluit:
Bybellees
Die weer en nuusgebeure
Groot motoriese ontwikkeling
Multisensoriese leer
’n Hoofaktiwiteit
Bak-en-brou
Individuele aktiwiteite by stasies
Kreatiewe kunste en musiek
Storietyd en speeltyd
Plaasuitstappies
Kurrikulum
Gr RRR – RR kurrikulum
Vroeë leer en ontwikkelingsareas
Welstand
Identiteit en samehorigheid
Kommunikasie
Verken Wiskunde
Kreatiwiteit
Kennis en begrip van die wêreld






