E-pos: salome@vredenheim.co.za  | Selfoon: +27 72 315 2852

Grondslagfase

In die grondslagfase kry leerders die geleentheid om net ’n rukkie langer kind te wees. Leer vind plaas op so wyse dat die leerders nie gebombardeer word met inligting nie, maar die resultate wesenlik sigbaar is aan die einde van elke jaar. Die plaasomgewing word steeds baie gebruik en leerervarings word geskep tydens elke oomblik van die dag. Die leeromgewing is ontspanne en ’n spasie waar leerders veilig voel om hulself te wees en te leer deur ontdekking.

Juffrou Liezl Hattingh

HOD Grondslagfase

B.Ed. Honneurs in Kurrikulum en Instruksionele Ontwerp en Ontwikkeling

E-pos: grondslagfase@vredenheim.co.za

Missie:
Ek glo elke kind is ‘n unieke skepping van God en verdien ‘n veilige, liefdevolle ruimte om te leer en te groei. Kinders leer die beste deur speel, ontdekking en betekenisvolle verhoudings.
My roeping is om kinders met geloof, waardes en vreugde te begelei sodat hulle hul Godgegewe potensiaal kan uitleef.

Grense is van onskatbare waarde vir ons kinders.

Kurrikulum

Graad R (KABV)

Afrikaans, Wiskunde en Lewensvaardigheid word geïntegreer.

 

Graad 1 tot 3

Taal

Luister en praat

Ontluikende lees

Ontluikende skryf

 

Wiskunde (Singapoer-benadering)

Getalle, bewerkings en verwantskappe

Patrone, funksies en algebra

Ruimte en vorm

Meting

Datahantering

Wetenskap

Perseptuele vaardighede

Robotika en kodering

6 Bricks

 

Lewensvaardigheid

Aanvangskennis en persoonlike wetenswaardigheid

Skeppende kunste: 

Uitvoerende kuns en musiek

Visuele kuns

Liggaamsopvoeding: daar is ’n uitgewerkte bewegingsprogram wat 3x per week aangebied word.

 

Rekenaars

Kodering vir Graad R en 1 leerders.

Scroll to Top