
’n Tuiste vir Groei
By Vredenheim Akademie skep ons die omgewing waarin kinders vir net ’n rukkie langer kind kan wees. Ons kurrikulum is gegrond op deurlopende navorsing en is ouderdomsgepas. Kinders leer die beste deur spel, en hier word daar soveel as moontlik gespeel. Ons skep leerervarings sodat kinders deur middel van die ervaring leer. In die ontspanne omgewing kry leerders die geleentheid om hulself beter te leer ken. Ons fokus op liggaam, siel en gees. Dit is ’n holistiese benadering in ’n omgewing met goeie en nodige grense.


Ons is 'n onafhanklike Afrikaanse skool wat die beste praktyke toepas.
Wat maak ons anders?

Kom ervaar die plaasskoolomgewing en gee jou kind die beste leergeleenthede:
Plaasomgewing wat kinders aan die natuur blootstel
Ideale onderwyser-leerder verhouding
Leertuiste waar kinders geborge voel
Individuele aandag
Kinders kan hulle unieke potensiaal bereik
Klem op Wiskunde, taalontwikkeling en voorleesvaardighede
Dissipline gebaseer op respek, ywer en eerlikheid
SOS se kurrikulum word gevolg
Wat sê ons ouers?
Daar was nog nie ’n kind op aarde wat so opgewonde is om elke dag skool toe te gaan nie. Dit is ’n getuienis van die huislike atmosfeer wat gekweek word. Een van veiligheid, liefde en nuuskierigheid om te leer. Ons waardeer ook die fokus op speel en leer in die natuur en seldsame waardes wat toegepas word.
Coba Beukman
As ouer soek ’n mens van nature die plek, skool, omgewing en mense waar jou kind die gelukkigste weergawe van hom/haarself kan ontdek en word. Ons kan sonder twyfel sê dat ons dit by Vredenheim Akademie gevind het. Die energie is aansteeklik …
Marizaan Carstens
Vredenheim Akademie is ’n skool waar my kinders kan speel en leer sonder onnodige druk of kompetisie. Ek kan die verskil sien in hoe ontspanne en gelukkig hulle is na die skuif Vredenheim Akademie toe.