Wie is ons?
Ons is ’n onafhanklike Afrikaanse, Christelike skool wat die beste praktyke toepas. Die personeel is uitstekend gekwalifiseerd met ’n opregte liefde vir God, kinders, die natuur en die Afrikaanse taal en kultuur. Opvoeding is nie net ’n beroep nie maar ons roeping. Ons fokus is om elke individu die geleentheid te bied om sy of haar volle potensiaal op die regte tyd te bereik. Net soos wat Vredenheim plaas ’n bestemming vir elke persoon is, voel elke kind die skool is soos huis. Kinders is God se kosbaarste skeppings, hier word hulle gekoester en binne die nodige riglyne voel hulle veilig en kan leer optimaal plaasvind deur elke fasset van ontwikkeling in ag te neem.


Ons personeel

Salomé Goosen
Operasionele Hoof

Carla Heinemann
Akademiese Hoof
Grondslagfase Onderwyseres

Giselle Venter
Voorskoolse Onderwyseres

Ilse Miller
Klas-assistent
Ons visie en missie
Wat is ons visie?
’n Tuiste waar kinders, met selfvertroue en selfstandige denke, holisties groei. Daarmee saam die vestiging van ’n diepe waardering vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap en die unieke rykdom wat dit tot ons lewens en die wêreld voeg.

Wat is ons missie?
Die bemagtiging van leerders om deur die voorreg van moedertaalonderrig, uit te styg in hulle gemeenskap. Ons verseker ’n inklusiewe leeromgewing sodat leerders met selfvertroue in ’n multi-kulturele wêreld kan funksioneer en tot uitmuntende wêreld-burgers kan groei, terwyl hulle hul eie erfenis koester.

Moedertaalonderrig is 'n voorreg!
Ons skoolwapen

Die wapen word geïnspireer deur drie faktore, naamlik die werkerby, die heksagoon, en die twygie.
Die werkerby is deel van die Bezuidenhout-familiewapen. Dit verteenwoordig die verwesenliking van drome deur harde werk.
Die heksagoon dui op die heksagoonvormige selle van die byekorf wat ’n simbool is van samewerking – die bye werk saam om heuning te produseer.
Die twygie (takkie met blare) stel die plaasomgewing voor en herinner ons daaraan dat deur die regte saadjies te plant, ons kan groei en voorspoed kan behaal.
Groen simboliseer die natuur en groei.
Goudgeel verteenwoordig die heuning en die helderheid van die sonskyn.
Wat sê die stigters?
Moedertaalonderrig verbeter leeruitkomste en akademiese prestasie. Tesame met ‘n belewenis van na-aan-die-natuur-leef, is dit ’n wenkombinasie in die onderrigproses. Met dryfkrag vir innovasie en uitbreiding, ten gunste van die Stellenbosch-gemeenskap, is die Vredenheim Akademie op die been gebring. Fase 1 was die kleuterskool en hierdie jaar is die Grondslagfase (graad 1 en 2) ook ingesluit. Die skool gaan mettertyd uitgebrei word om ’n volwaardige onafhanklike skool te vorm.

Elzabé Bezuidenhout
Vredenheim

Coenraad Bezuidenhout
Vredenheim
“Ons wil graag vir kinders die voorreg en sekuriteit gee om nou en in die toekoms met ’n Christelike grondslag in Afrikaans en met trots te kan leer. Die behoud en groei van ons taal, kultuur, geskiedenis en land is vir ons belangrik.”

Leon Fourie
Uitvoerende hoof
van SOS

Melanie Buys
Hoof: Ontwikkeling
van SOS
“Ons werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker. Samewerking is dus onvermydelik en mik om gehalte Afrikaanse onderwys in hierdie omgewing op die langtermyn volhoubaar te hou en moedertaalonderrig en gesonde waarde-oordrag te bevorder.”
In samewerking met Skole Ondersteuningsentrum (SOS)
