Pak die reis saam met ons aan:

Ons is opgewonde om ’n nuwe hoofstuk in die Vredenheim-verhaal aan te kondig. In Januarie 2024 open ons die deure na ’n splinternuwe Afrikaanse skool vir voorskoolse kinders – Vredenheim Akademie.

Die Bezuidenhout familie het ’n passie vir Afrikaans en glo dat Moedertaalonderrig saam met na-aan-die-natuur leef en leer, ’n wenkombinasie is. Die identifisering van ’n tekort aan aangewese Afrikaanse onderrig in hierdie omgewing, het gelei tot samewerking met die Skoleondersteuningsentrum SOS.

Stel jou voor dat jou kind leer en speel, omring deur die skoonheid van die wingerde en met die Diereplaas as speelgrond. Wat ’n beter manier om jong breine te prikkel as te midde van die wonderwerke van die natuur?

 

Vredenheim Akademie is ontwerp om ’n sorgsame omgewing te bied vir vroeë kinderontwikkeling, wat ’n liefde vir leer in elke aspek van hul ontwikkeling kweek. Die verdere planne is om in 2025 met ’n Graad 1-klas te begin en daarna verder te groei.

 

Ons sien daarna uit om hierdie opvoedkundige reis met jou kind aan te pak.

Scroll to Top