Vredenheim Akademie begin in 2024 met die eerste fase van die skoolprojek synde ’n kleuterskool in die pragtige Byekorf, op die terrein van die historiese opstal. Hier kan 25 kleuters gemaklik geakkommodeer word.
Dinamiese leerruimtes word bewerkstellig deur spesifieke, doelgerigte spasies te skep, in lyn met SOS se kurrikulum en bepalings. Sodoende word voorsiening gemaak vir individuele en groepsleergeleenthede. Wegbreekspasies vir fokusaktiwiteite word ook só geskep.
Binneruimtes
Ons fokus op:
Welstand
Identiteit en samehorigheid
Kommunikasie
Verkenning van Wiskunde
Kreatiwiteit
Kennis en begrip van die wêreld
Buiteruimtes
Veilige speelareas met klimrame
’n Groentetuin waar kleuters leer enselfhul hande vuilmaak
Die gebruik van die groter plaasomgewing vir aktiwiteite