Vredenheim Akademie

Ons juffrou: Giselle Venter

Wat sê die stigters?

Moedertaalonderrig verbeter leeruitkomste en akademiese prestasie. Tesame met ’n belewenis van na-aan-die-natuur-leef, is dit ’n wenkombinasie in die onderrigproses. Met dryfkrag vir innovasie en uitbreiding, ten gunste van die Stellenbosch-gemeenskap, is die Vredenheim Akademie op die been gebring. Fase 1 is die kleuterskool, wat mettertyd uitgebrei gaan word om ’n volwaardige onafhanklike skool te vorm.

Elzabé Bezuidenhout

Vredenheim

 

Coenraad Bezuidenhout

Vredenheim

 

“Ons wil graag vir kinders die voorreg en sekuriteit gee om nou en in die toekoms met ’n Christelike grondslag in Afrikaans en met trots te kan leer. Die behoud en groei van ons taal, kultuur, geskiedenis en land is vir ons belangrik.”

Leon Fourie

Uitvoerende hoof 

van SOS

Melanie Buys

Hoof: Ontwikkeling

van SOS

“Ons werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker. Samewerking is dus onvermydelik en mik om gehalte Afrikaanse onderwys in hierdie omgewing op die langtermyn volhoubaar te hou en moedertaalonderrig en gesonde waarde-oordrag te bevorder.”

Só droom ons oor die toekoms:

Dat die skool sal uitbrei vanaf graad RRR-R in 2024 na graad 12.

Dat ons in graad 8 & 9 aparte klasse vir seuns en dogters kan aanbied. 

Dat ons in graad 6 & 7 kan fokus op Taal en Wiskunde. 

Dat ons mettertyd die verskeidenheid sportgeriewe kan uitbrei. 

Dat ons ’n skoolkoshuis kan bou.

In samewerking met Skole Ondersteuningsentrum (SOS)

Scroll to Top